Tuisgebakte beskuit

In byna elke huis in Suid-Afrika is ’n Beskuitblik vol heerlike boerebeskuit, net reg om tydens koffie- of teetyd nader getrek te word. Die beskuitblik word ook gereeld oopgemaak vir ’n haastige ontbyt of om daai honger kolletjie tussen etes vol te maak!

G’n ordentlike vakansie kan aangepak word sonder ’n paar blikke van jou gunsteling vakansiebeskuit nie en soos die beskuitblik leeg word, word dit sommer vinnig aangevul by ’n vlooimark of geliefde padstalletjie.

Beskuitblik

Heerlike tuisgebakte beskuit!

Beskuit staan ook meestal op entoesiastiese stappers en kampeerders se koslysie en al word dit heel moontlik nie meer self gebak soos in vervloë dae nie, is beskuit steeds onmisbaar en vir baie  “trooskos”.

Lekker tuisgebakte Suid-Afrikaanse beskuit is ook nou in Nederland beskikbaar en kan in groot hoeveelhede of in klein pakkies gekoop word.