Vanaf 2011

Beste beskuit noord van die Limpopo

Ons Beskuit

100% Tuisgemaak

In elke huis in Suid-Afrika is seker ’n Beskuitblik vol heerlike boerebeskuit, net reg om tydens koffie- of teetyd nader getrek te word. Die beskuitblik word ook gereeld oopgemaak vir ’n haastige ontbyt of om daai honger kolletjie tussen etes vol te maak!
G’n ordentlike vakansie kan aangepak word sonder ’n paar blikke van jou gunsteling vakansiebeskuit nie en soos die beskuitblik leeg word, word dit sommer vinnig aangevul by ’n vlooimark of geliefde padstalletjie.
Beskuit staan ook meestal op entoesiastiese stappers en kampeerders se koslysie en al word dit heel moontlik nie meer self gebak soos in vervloë dae nie, is beskuit steeds onmisbaar en vir baie “trooskos”.

Die beskuit is beskikbaar in pakke van 24 beskuite (± 700g)

Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Beskuit

Volgens die boek Die Geskiedenis van Boerekos 1652 – 1806 van H.W. Claassens is die woord biscuit uit Frans geleen wat “twee keer gebak” beteken.

Die Algemene bepalings en voorwaardes

U kan hieronder ons bepalings en voorwaardes vind. Dit is van toepassing wanneer u produkte en dienste via ons webwerf gebruik of koop, en bied belangrike inligting vir u as koper. Lees dus die bepalings en voorwaardes goed voordat u bestel, want elke bestelling sal vereis dat u dit bekragtig.

Vanaf 2011

Die verhaal agter Beskuitblik

My naam is Brenda Smit en ek is ’n gebore en getoë Suid-Afrikaner. Ek en my gesin het in 1998 sak en pak Nederland toe getrek. Bak en brou in die kombuis was nog altyd vir my meer as net kos op die tafel sit en my gesin en vriende se liefde vir beskuit het my meer en meer laat bak.

Die liefde vir beskuit is al lank in die familie. My oupa was die predikant wat een van die susters van sy gemeente in Molteno, in die Oos-Kaap, aangemoedig het om haar beskuitresep in te skryf vir ’n kompetisie. Sy het hierdie kompetisie gewen en tot vandag toe word haar beroemde beskuit nog in Suid-Afrika verkoop.

Ek gebruik beproefde resepte van my ma en skoonma. My skoonma het ook jarelank beskuit aan tuisnywerhede verskaf. Gelukkig het sy haar geheime om lekker beskuit op grootmaat te bak, met my gedeel.

(0)